Herbert Spencer | |
Gebore | 27 April 1820 Derby, Derbyshire, Engeland |
---|---|
Oorlede | 8 Desember 1903 (op 83) Brighton, Sussex, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Evolusie, positivisme, laissez-faire, utilitarisme |
Beïnvloed deur | Charles Darwin, Auguste Comte, John Stuart Mill, George Henry Lewes, Jean-Baptiste Lamarck, Thomas Henry Huxley |
Invloed op | Charles Darwin, Henry Sidgwick, William Graham Sumner, Murray Rothbard, Émile Durkheim, Henri Bergson, Auberon Herbert, Roderick Long, Yen Fu, Tokutomi Soho, Jack London, Ayn Rand |
Handtekening |
Herbert Spencer (27 April 1820 - 8 Desember 1903) was 'n Engelse filosoof. Hy was 'n vroeë voorstander van die evolusieteorie en het 'n invloedryke sintese van kennis wat die belangrikheid van die individu teenoor die gemeenskap en dié van wetenskap teenoor godsdiens daargestel. Sy belangrikste werk was die "System of Synthetic Philosophy" 'n omvattende werk wat onder meer die beginsels van die biologie, sielkunde, moraliteit en sosiologie aanspreek.